Onlangse gebeurtenisse:

1. Nova-direkteur André Fourie het bedank
2. Nova-prokureur Diaan Ellis van Faber, Goertz, Ellis, Austen Inc (FGEA) is dood (nadat hy sy eie lewe geneem het)
3. Ons het (via the grapevine) gehoor dat FGEA die firma se verhouding met Nova beëindig het

Wat beteken hierdie drie gebeurtenisse?

Het Fourie bedank in ‘n poging om hom te distansieer van wat hy dalk ervaar as ‘n groot moeilikheid wat Nova se pad inslaan?

Het Ellis sy lewe om dieselfde rede beëindig? Hy was die “go-to” prokureur vir Nova en hy sou baie keer opgeroep gewees het om Nova-aangeleenthede en -aksies te hanteer wat die dekking van regsmening nodig gehad het

Dat FGEA die verhouding beëindig het, spreek tot die interne situasie (oor baie jare?) binne die firma. Dit dui sterk daarop dat die ander direkteure ongemaklik was (of so geword het) met die verbintenis met Nova, dat die verbinding nie deur al die direkteure onderskryf was nie (alhoewel die firma aansienlike inkomste sou verkry het uit Nova-aangeleenthede wat Ellis aangespreek het) en dat hulle distansieer hulle ook

Kan enige persoon of entiteit hulself werklik distansieer in enige situasie wat regstappe en gevolglike reputasieskade tot gevolg kan hê?