Ons ontvang gereeld versoeke om ons webwerf nuuspostekste in enige van Engels of Afrikaans te verskaf waar sodanige versoeker een van ons News Alert e-posse in die “verkeerde” taal ontvang het

Persone wat sulke versoeke stuur, moet asseblief daarop let dat elke nuusplasing op ons webwerf (www.ndcag.co.za > Latest News) in beide tale verskyn. Maar, net een News Alert e-pos gaan uit en vir sommige ontvangers kan dit by geleentheid in die “ander” taal wees. Dit is te danke aan die manier waarop ons e-posversending opgestel is in die stelsel wat NDCAG-registrasies en kommunikasie huisves – baie vriendelik gratis verskaf deur ‘n familielid van ‘n skuldbriefhouer

DAAR IS ‘N EENVOUDIGE MANIER om maklik die teks van ‘n ontvangde News Alert e-pos in die ander taal te sien

Gaan eenvoudig na die webwerf en klik op die “Latest News”-knoppie in die tuisskerm of blaai af na “Latest News” waar die jongste plasing in albei tale sal verskyn