Ons het verneem dat aanstellings gemaak is en dat hulle op 6 Maart deur CIPC-amptenare ingelig sal word“to unpack the preliminary report and scope the inquisition’s objectives and expected outputs (a final report with recommendations)”.
Dit sal die vrystelling van die Ondersoek se Tussentydse Verslag veroorsaak en wat sal per e-pos gestuur word aan diegene van die ondersoekdeelnemers wat ondertekende Non-disclosure Agreements teruggestuur het. CIPC laat dan ‘n tydperk van dertig dae toe “to allow affected parties to gather supplementary and supporting evidence and explore any other available legal remedy, while awaiting the contemplated inquisition.” Geaffekteerde partye is die ondersoekdeelnemers
Dan sal die ondersoek se voorlopige uitkomste op twee vlakke aangespreek word:
– Die “inkwisisie” sal die “origin of the Schemes of Arrangement” (SoA) dek, wat beteken: hoe die Sharemax Besigheidsreddingsplan ontstaan het en hoe dit deur die Howe goedgekeur is kragtens die bepalings van Artikel 311 van die Maatskappywet
– ‘n afsonderlike interne tribunaal binne die Dtic (Department of Trade, Industry and Competition) waarvan CIPC ‘n afdeling is, om “the execution by Nova” aan te spreek, wat beteken die uitvoering van die SoA-missie deur Nova waarvan die terugbetaling aan die oorspronklike Sharemax-beleggers of hul opvolgers hul bestaansrede is
Daarna sal die finale verslag vrygestel word en die aangeleentheid sal ‘n nuwe fase betree waar “a higher authority must be approached for a declaratory order.”Maar, “This obviously cannot happen before we give vent to Section 41 of the Constitution to allow those who may have been wrong in endorsing the Schemes to regularise a “crime”( which, in terms of the preliminary report; is found to be amiss and unlawful) a chance to defend their historical actions or concede that they were factually wrong.”
Met ander woorde, die bevindings wat hopelik die historiese bewerings van onwettigheid en onreëlmatigheid oor die sluiting van die PSPC-industrie sal verander tot in “feitlik” en vermoedelik sal persone en entiteite – beide in die private en openbare sektore – genoem word en dus, effektief, van “‘n misdaad” of oortreding beskuldig word. Dit is daardie persone en entiteite aan wie/wat die kans gegee sal word om te “defend their historical actions or concede that they were factually wrong”
Wat sal volg, is dat daar heel moontlik regsaksies kan volg wat op hul beurt tyd sal neem. En dan kan daar ook ‘n, moontlik verlengde, tydperk van onderhandelinge wees oor hoe om restitusie vir die Sharemax-beleggers te bewerkstellig
Dus, terwyl die ondersoek vorder na sy afsluiting en terwyl daar ‘n goeie kans is dat die aanvanklike uitkomste voordelig sal wees vir die Sharemax-beleggers, sal dit ook die begin wees van baie ander regsprosesse wat in hul sin ook tyd sal neem